My huis is uitgepak, reggepak en uitgegooi. Een van my en my man se nuwe-jaars doelwitte is “declutter”….en dis presies wat ons gedoen het. Ek het my kantoor reggepak, mooi gemaak en alles in die hoop dat ek gaan uitsien na die jaar.
Verlede jaar was ‘n bitter goeie jaar. Dit was ok ‘n baie uitputtende jaar. My besigheid het gegroei…ek het dit nie verwag nie. Ek kan ook nie al die werk hanteer nie. Ek wil nie mense aanstel nie – die doel van my besigheid was nooit om ryk te word nie maar omvir myself, my man en ons huis te kan help versorg. En die vakansie was heerlik…ek het alles gedoen wat ek wou en hoe EK WOU.
Ek het ook in 2013 my gewigs-en gesondheids doele bereik. Twintig Dertien was regtig ‘n ongelooflike geseënde jaar.
Toe begin 2014 en ek voel nie gereed nie….wat nou?
Ek wil die jaar lewe soos ek wil. Nie soos mense se ek moet. Nie soos kliente beveel nie. Ek is kreatief en ek is mal daaroor. Ek is mal or mooi goed, dinge wat ‘n mens se siel wakker maak. Ek wil ontwerp op my eie terme – maar hoe? Ek voel vandag besonders nie lus vir werk nie en dis nou maar eers dag twee van my nuwe werks-jaar.
Ek het nog twee passies. Die een is Pilates en die anders swem. Op die huidige stadium hou dit my siel wakker. Ek wil net gaan swem en oefen. Dis die lekkerste ding vir my om my liggaam te probeer oppas en versorg. Dit maak my wakker en lus vir die lewe! En dis hoe ek oor my werk weer wil voel.
Dit reen nou so lekker. Reën maak my ook lus vir die lewe, dis een van daai dingetjies wat die dag net wonderlik maak.
Ek hoop regtig dat ek net die balans in my werk ten opsigte van krieatief wees en tyd he vir myself, te kan bemeerster in 2014.